Kolkata vat IPL

Die Kolkata Knight Riders het ʼn oortuigende oorwinning van agt paaltjies teen die Sunrisers Hyderabad behaal en spog met hul derde Indiese Premierliga-titel. Andre Russell het drie paaltjies laat kantel en die Sunrisers was op 113 almal uit met die laagste telling ooit in ʼn IPL-eindstryd. In antwoord daarop het kaptein Shreyas Iyer geskitter met die kolf en ʼn onoorwonne 52 aangeteken terwyl Kolkata die teiken in slegs 10,3 boulbeurte bereik het. Iyer sê die span het reg deur die toernooi beïndruk: