Kolisi sê hy’s vol vertroue hy sal reg wees vir Frankryk

Die Springbok-kaptein Siya Kolisi sê hy is vol vertroue dat hy gereed sal wees vir die Wêreldbeker wat later vanjaar in Frankryk plaasvind. Hy het sy herstelproses verskerp ná sy knie-operasie verlede maand. Kolisi sê om deel te wees van die Bok-kamp in Pretoria het hom gehelp om positief te bly en hy kon ook gesels met Handre Pollard, RG Snyman en Pieter-Steph du Toit wat ook vir lang tye buite aksie was: