Kolisi behoort fiks te wees vir Wallis-toets

Rugby: Die Springbok-kaptein Siya Kolisi glo hy sal 100 persent fiks wees vir die begin van die internasionale seisoen. Hy het ‘n suksesvolle operasie ondergaan na ‘n handbesering terwyl hy vir die Franse klub Racing (Rassieng) 92 gespeel het. Kolisi is nie oorweeg vir die Bokke se belyningskamp vandag in Kaapstad nie, saam met die Bok-vleuel Cheslin Kolbe wat ook sy hand seergemaak het terwyl hy vir die Japanse klub Suntory Sungoliath gespeel het. Suid-Afrika se eerste toets sedert hulle die Wêreldbeker gewen het, is op 22 Junie teen Wallis op Twickenham.