Koli, Sharma moet verduidelik oor tuisnederlaag
Krieket: Virat Kohli en Rohit Sharma kom vandag onder skoot terwyl Indië herkou aan sy tuisnederlaag met 3-0 teen Nieu-Seeland. Kritici sê die span is te oud, met min selfvertroue. Die eens magtige krieketland het gister die derde toets in Moembaai met 25 lopies verloor in slegs hulle tweede skoonskip-tuisnederlaag. Dit het Nieu-Seeland se geskiedkundige eerste reeksoorwinning ooit op Indiese bodem beklink. Vir Indië bly daar min tyd oor om dinge reg te ruk, want hulle vertrek na Australië vir ‘n reeks van vyf toetse wat op 22 November begin.