Kolbe wil graag teen die Leeus uitdraf

Die Wêreldbekerkampioen-Springbok Cheslin Kolbe sê as hy teen die Britse en Ierse Leeus kan uitdraf sal hy nog ‘n item op sy wenslysie kan afmerk. Hy hoop om sy Franse span, Toulouse, môre te help om die Europese Kampioenebeker te wen wanneer hulle op Twickenham in Londen in die eindstryd teen La Rochelle te staan kom. Kolbe sê hy wil nou eers op die Europese wedstryd konsentreer voor hy oor die toetse teen die Leeus begin droom. Die toer begin op 3 Julie in Suid-Afrika.