Koffie word al hoe skaarser, duurder

ʼn Onlangse studie toon klimaats-faktore, insluitend reënval, vogtigheid en afwisselende temperature, het koffie-opbrengste die afgelope 40 jaar wêreldwyd laat daal. Die navorsing het die uitwerking van klimaatsfaktore in die voorste 12 koffie-produserende lande tussen 1980 en 2020 ontleed. Dit toon vyf van die ses moeilikste jare was tussen 2010 en 2020. Die studie is in die vaktydskrif PLOS Climate gepubliseer. Dit dui aan die veranderende klimaatstoestande sal waarskynlik lei tot volgehoue stelselmatige skokke ten opsigte van wêreldwye produksie en hoër pryse.