Koepka vat sy derde PGA

Die wêreld se voormalige nommer een, Brooks Koepka, het in die laaste ronde vir Viktor Hovland ore aangesit en ‘n laat aanval deur Scottie Scheffler afgeweer om sy derde Amerikaanse PGA-toernooi by Oak Hill in New York in te palm. Die Amerikaner het drie onder 67 aangeteken om sy vyfde major met nege onder en twee houe voor Scheffler en Hovland te wen. Koepka is die eerste speler wat ‘n major wen sedert hy by die Saoedi-ondersteunde LIV-toernooi aangesluit het. Hy sê die lesse wat hy verlede maand in die laaste ronde van die Augusta-toernooi geleer het, het ‘n groot rol in sy oorwinning gespeel: