Koeberg se vertraging is beduidend 

Die risiko dat albei die kernreaktors by Eskom se Koeberg-kernkragsentrale in Kaapstad gelyktydig vir leeftyd-verlenging sluit, neem steeds toe. Dié waarskuwing kom van die energiekenner Chris Yelland. Die kragvoorsiener se kernkragbeampte, Keith Featherstone, het Donderdag bevestig daar sal ‘n verdere vertraging van sowat tien dae wees met die herinbedryfstelling van die 970 megawatt-eenheid een by Koeberg, wat tans leeftyds-verlengingswerk ondergaan. Yelland sê dié vertraging is beduidend