Koeberg se leeftyd moenie verleng word nie, dis dodelike dobbelspel

Die Green Connection sê die verlenging van die Koeberg-kernkragstasie se leeftyd is ʼn roekelose dobbelspel met openbare veiligheid. Die kernaanleg se eenheid een is verlede Woensdag onverwags afgesit. Eskom het onlangs onderhoudwerk aan die eenheid gedoen waarna die Nasionale Kernreguleerder dit in Julie ʼn bedryfslisensie vir die volgende 20 jaar toegestaan het. Green Connection se woordvoerder, Liz McDaid, sê die besluit om Koeberg se leeftyd te verleng, is vol dodelike foute: