Koeberg een sal verligting bring aan beurtkrag

Suid-Afrika se elektristeitsminister Kgosientsho Ramokgopa sê die energievooruitsigte sal verbeter nadat Koeberg-eenheid een terug is op die netwerk, wat ‘n aansienlike hupstoot van minstens 27 megawatt ekstra by die gewone lewering sal verseker. Eenheid een is in November verlede jaar suksesvol gesinchroniseer, na ‘n langdurige onderbreking, wat ‘n positiewe stap in die rigting van die verbetering van energieveerkragtigheid beteken. Ramokgopa sê ‘n noemenswaardige afname in beurtkrag-intensiteit word verwag.