Koebaai ou Grote…

Die laaste Boeing 747 is die week afgelewer en sal nie weer vervaardig word nie. Die sogenaamde ‘Queen of the Skies’ het geskiedenis gemaak maar, tegnologie het veroorsaak dat die model oordrewe is. Dr. Guy Leitch, ‘n kenner in lugvaart, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.