Koebaai aan Rwanda-plan
Brittanje gaan miljoene-pond verloor wat bestee is op die voormalige eerste minister Rishi Sunak se omstrede plan om asielsoekers in Rwanda te hervestig. Dit volg nadat die nuwe Arbeiders-premier, Keir Starmer die plan gekanselleer het nadat sy party Sunak se Konserwatiewes oorweldigend verslaan het in die verkiesing. Starmer sê net omtrent een-persent van asielsoekers sou verwyder gewees het, wat beteken die beleid sou nie ‘n afskrikmiddel gewees het nie. Reuters berig hy staan ook voor uitdagings soos die verbetering van sukkelende openbare dienste en die herlewing van ‘n swak ekonomie.