Koebaai aan Marioneiland se muise?

Omgewingsbewaarders beplan om Marioneiland se muisbevolking van meer as ‘n miljoen in 2027 uit te roei. Muisgetalle op die Suid-Afrikaanse gebied naby Antarktika het dramaties toegeneem nadat klimaatsverandering temperature laat styg het. Die muise het ongeveer 200 jaar gelede op die eiland beland toe hulle op robjagskepe daar aangekom het. Hulle vier nou fees op seevoëls en veroorsaak reuseskade in die spesiale natuurreservaat met sy unieke biodiversiteit. omgewingsbewaarders beplan om 550-ton rotgif met ses helikopters op die eiland stort. Die gif sal nie die grond, waterbronne of seevoëls affekteer nie.