Koalisiregering in SA bring geleenthede: Outa

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê koalisiregerings sal waarskynlik die norm word in Suid-Afrika en uitdagings sowel as geleenthede meebring. Die organisasie sê hoewel die onsekerheid mense kan ontstel, bevorder koalisies deursigtigheid en aanspreeklikheid namate partye saamwerk en ooreenkomste vir doeltreffende bestuur bereik. Dit het ten doel om te verseker openbare fondse word verantwoordelik gebruik en korrupsie word uitgeroei. Die uitvoerende hoof van Outa, Wayne Duvenage, sê ministers wat swak presteer moet verwyder word: