Koalisies in SA moet gereguleer word

Die PAC vra die regulering van koalisies in Suid-Afrikaanse munisipaliteite om toekomstige chaos te voorkom. Die party se president, Mzwanele Nyhontso, glo koalisies is ‘n waarskynlikheid op nasionale én provinsiale vlak in 2024 se algemene verkiesing, wat regulering sal verg. Hy het die media by die PAC se nuwe hoofkwartier in Johannesburg ingelig ná die nasionale uitvoerende komitee se vergadering. Nyhontso glo die regulering van koalisies kan bestendigheid na munisipaliteite bring: