Koalisie-regering moet dienslewering, menseregte voorop stel

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie doen ‘n beroep op politieke partye om dienslewering en menseregte voorop te stel wanneer hulle oor die modelle vir ‘n koalisie onderhandel. Die tweede en vyfde grootste partye, die DA en IVP, het gesê hulle stel belang in ‘n regering van nasionale eenheid. ‘n Woordvoerder, Wisani Baloyi, sê partye moet tydens onderhandelings lesse leer uit die slegte ondervindings van plaaslike regeringskoalisies: