Koala-drukkies verbied, hulle moet slaap

Besoekers aan die Lone Pine Koala Sanctuary in Brisbane, sal nie meer koalas kan vashou en drukkies uitdeel nie. Die Queensland-oord het gesê die besluit is geneem ná toenemende sterk terugvoer van besoekers. In die toekoms kan mense sien hoe die diere eet, slaap en ontspan sonder om aan hulle te raak. Volgens wette in Queensland kan koalas nie meer as 30-minute per dag werk nie en kan nie langer as drie dae, sonder ‘n dag af, vir foto’s gebruik word nie. Diere-aktiviste is bekommerd dat die diere nie genoeg slaap kry nie.