Knopvelsiekte in Okakarara-area aangemeld

Die Direktoraat Veeartsenydienste maan beesboere om hul vee teen knopvelsiekte in te ent, nadat gevalle in die Otjituuo en Okamatapati areas naby Okakarara in die Otjozondjupa-streek aangemeld is. Agt beeste in verskillende dorpies het die siekte onder lede. Dit is ‘n virus wat beeste aantas en word oorgedra deur bloedvoedende insekte. Die direktoraat het beheermaatreëls ingestel vir die beweging van beeste in die geaffekteerde areas, wat insluit dat die diere eers 21 dae na inenting, na en van die gebiede mag beweeg.