Knesset verklaar UNRWA as terreurorganisasie

Israel se parlement het gestem om die VN se hulp- en werkagentskap vir Palestynse vlugtelinge wat noodsaaklike dienste aan die vlugtelinge bied, te verban. Die omstrede verbod kan die onderwys, voedsel, gesondheidsorg en lewensonderhoud van miljoene Palestyne raak wat daarop staatmaak. Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het vroeër gewaarsku die wetgewing kan gevolge hê onder Amerikaanse wette en Amerikaanse beleid. Israel wil lank reeds die VN-liggaam ontbind omdat dit die vlugtelingstatus van Palestyne verwyder.