Kliniese proewe van eksperimentele middel teen Alzheimers byna afgehandel

‘n Eksperimentele middel teen Alzheimers, wat die Amerikaanse farmaseutiese maatskappy, Eli Lilly, ontwikkel het, toon dat dit kognitiewe agteruitgang met tot 35 persent verminder. Die kliniese proewe is bykans afgehandel. Die maatskappy sê dit het die hoop laat opvlam vir ‘n tweede middel wat doeltreffend kan wees teen die brein aftakelende siekte. Volgens die maatskappy voldoen die middel, Donanemab, aan al die primêre en sekondêre doelwitte van die proewe.