Klimaatsverandering ‘kan tot duisende sterftes lei’

Onlangse navorsing lig die regstreekse uitwerking van klimaatsverandering op gesondheidsuitdagings en humanitêre noodgevalle in die globale suide uit. ʼn Navorser van die Universiteit Stellenbosch, Tulio de Oliveira, het tydens die COP28-konferensie verduidelik dat die navorsing aandui dat klimaatsverandering tussen 2030 en 2050 jaarliks tot duisende sterftes kan lei as gevolg van ondervoeding, malaria en diarree. De Oliveira sê klimaatsverandering beïnvloed ook geestesgesondheid en waarsku dat swak gesondheidsinfrastruktuur in ontwikkelende lande ‘n uitdaging inhou om op hierdie kwessies te reageer: