Klimaatsverandering gaan Afrika kos

Navorsing deur die Sentrum vir Wêreldontwikkeling voorspel klimaatsverandering gaan Afrika se bruto binnelandse produk met 7,1 persent inkort. Die studie, Die maatskaplik-ekonomiese uitwerking van klimaatsverandering in ontwikkelende lande in die volgende dekades, voorspel dat klimaatsverandering 200 miljoen inwoners van Afrika tot ernstige honger sal dryf. Die samesteller van die studie van die Universiteit van die Witwatersrand, Philip Kofi Adomthe, sê die ontwikkelende wêreld sal die gevolge van klimaatsverandering dra, met beduidende ekonomiese verliese teen 2050.