Klimaatsverandering bedreig SA wynbedryf

Die uitwerking van klimaatsverandering op die buurland se wynbedryf is wydverspreid en diepgaande. Dit is die bevindings van navorsers van die Universiteit van die Witwatersrand. Die land het verlede jaar 934 miljoen liter wyn geproduseer, waarvan 306 miljoen liter uitgevoer is wat 10 miljard Suid-Afrikaanse rand verdien het. Die navorsers sê klimaatsverandering sal na verwagting reënvalpatrone meer wisselvallig maak wat tot meer droogtes en oorstromings kan lei. Hulle voeg by die wisselvalligheid het nie net laer oeste tot gevolg nie, maar bedreig ook voorspelbaarheid.