Klimaats verandering in Suid-Asië affekteer vroue
Vroue in Suid-Asië is slagoffers van ‘n kommerwekkende newe-effek van die klimaatkrisis.
Aangesien bronne van skoon water vir drink en bad al hoe skaarser word, bad vroue in soutwater en besoedelde swembaddens.
Die gevolg hiervan is nie net dat dit infeksies kan veroorsaak nie maar ook haarverlies.
Wetenskaplike studies toon dat harde water jou hare en vel droog en swak maak.
In die kusstreke van Bangladesj, waar meer as die helfte van die water met sout en besoedeling besmet is, loop vroue lang afstande om effens veiliger water te gaan haal om te drink en selfs in te bad.
Haarverlies vir hierdie vroue strek dieper as net skoonheid, met diep kulturele en persoonlike betekenis.
“In Suid-Asië, met huwelike wat vooraf gereel word, kom die bruidegom se familie om die potensiële bruide te bekyk, en die vroue word met al hul skoonheid en selfvertroue ten toon gestel. ‘n Mooi gesonde voorkom is dus baie belangrik.
Sommige vroue het al selfs begin om hul hare wat uitval te verkoop.
Die kwessie is nie beperk tot Bangladesj nie; in die droë streke van Uganda staar vroue soortgelyke uitdagings in die gesig.