Klimaatbestande klaskamers in Mosambiek oorleef Freddy – 2 keer

Unicef doen ‘n beroep op meer belegging in klimaatbestande infrastruktuur in Mosambiek nadat klaskamers wat in 2019 gebou is, die verwoestende sikloon Freddy twee keer oorleef het. In ‘n verklaring sê die organisasie nie een van dié 1 025 klaskamers het skade gely tydens die sikloon nie, wat die belangrikheid van belegging in klimaatbestande infrastruktuur demonstreer. Freddy het ongeveer 1 500 standaard klaskamers vernietig en sowat 134 000 leerlinge is deur die sikloon geraak.