Klimaat skaad reeds gesondheid

Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie Tedros Ghebreyesus sê klimaatsverandering skaad reeds mense se gesondheid en welstand. Siektes neem toe wat veroorsaak word deur ekstreme klimaatsgebeurlikhede, plus dié wat deur draers oorgedra word, asook die styging in kardiovaskulêre en asemhalingsiektes, wat onderskeidelik veroorsaak word deur uiterste hitte en lugbesoedeling. Dus kan die uitwerking van die klimaat op menslike gesondheid nie ontsnap word nie. Ghebreyesus sê net ‘n klimaatsbeleid wat aangedryf word deur gesondheidsoorwegings sal uitloop op die optrede wat nodig is om lewens te red, siektes te voorkom en gesonder, regverdiger gemeenskappe te bou.