Klimaat: Rykes veroorsaak dit en moet armes help
Die Europese Klimaatstigting sê welgestelde mense in alle lande moet meer geld gee waarmee die klimaatkrisis gepak kan word. Arm lande sukkel tans om die geraamde 23-miljard-rand per jaar van eksterne bronne in te samel om vrystellings te beperk en die gevolge van die klimaatskrisis te hanteer. Die stigting se uitvoerende hoof, Laurence Tubiana, sê die wêreld se een persent rykste mense is verantwoordelike vir meer kweekhuisgas-uitstralings as die 66 persent aan die ander kant van die skaal.