Klimaat rampe kos N$7 triljoen in twee jaar
Daar was ‘n geleidelike opwaartse tendens in die koste van uiterste weerstoestande tussen 2014 en 2023, met ‘n vinnige oplewing in 2017 toe ‘n aktiewe orkaanseisoen Noord-Amerika geteister het. Dit blyk uit ‘n verslag waarvoor opdrag gegee is deur die Internasionale Sakekamer. Die verslag, wat 4 000 klimaatsverwante uiterste weerstoestande ontleed het, het bevind ekonomiese skade het, net oor die afgelope twee jaar, opgeskiet na 7 triljoen Namibiese dollar. Die sekretaris generaal van die kamer, John Denton, sê data toon beslis klimaatsverandering is nie ‘n probleem wat net in die toekoms wag nie.