Klimaat kan aandrywer van pandemies wees
Nuwe navorsing koppel El Niño-weerstoestande aan die verspreiding van ‘n nuwe cholera-variant. Die bevindings wat in die vaktydskrif PLOS Neglected Tropical Diseases gepubliseer is, toon dat afwykende patrone van cholera-sterftes van 1904 tot 1907, saam met buitengewone seisoenale temperature en reënvalvlakke voorgekom het, en wat met ‘n El Niño-verskynsel verband hou. Die navorser, doktor Xavier Rodo, sê wisseling in klimaatstoestande of die evolusionêre verandering van ‘n patogeen kan ‘n belangrike aandrywer van groot epidemies en pandemies wees.