Klimaat en groenenergie: Weste het dubbele standaarde

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het by die New York Klimaatsweek in Amerika gesê Afrika behoort nie agtergelaat te word in globale klimaatsgesprekke nie. Hy sê die vasteland dra die grootste las van die gevolge van klimaatsverandering, ten spyte van sy kleiner bydrae tot die probleem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dr. Charles Sinkala, ‘n politieke kommentator, wat vra hoekom die Weste volhoubare energie in Afrika wil vestig, maar steeds baie steenkool invoer.