Klimaat: Die uitdaging word nie ernstig opgeneem nie
Met COP29 wat al nader kom, is klimaatsverandering in die nuus. ʼn Nuwe Oxfam-verslag beweer 50 van die wêreld se miljardêrs stel as gevolg van hul luukse lewenstyl meer koolstof in 90 minute vry as wat die gemiddelde mens in ʼn leeftyd doen. Dit word toegeskryf aan hul beleggings in bedrywe wat besoedeling veroorsaak en wêreldwye ongelykheid, honger en sterftes bevorder. Intussen sê die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres, die gaping tussen vrystellings wat plaasvind en waar die wetenskap sê hulle moet wees, groei.