Klimaat-aktiviste uit Standard Bank-gebou in Johannesburg verwyder

Klimaat-aktiviste is uit Standard Bank se gebou in Johannesburg verwyder. Die bank se raad het hul jaarvergadering gehou. Die groep aktiviste, Extinction Rebellion, wou die ingang na die lokaal waar die raad vergader, versper. Hulle eis dat die bank ophou om geld in fossielbrandstof te belê. ‘n Woordvoerder van die aktiviste, Malik Dasoo sê indien banke en multi-nasionale maatskappye voortgaan om geld in projekte te belê wat skadelik is vir die omgewing, gaan daar binnekort nie meer ‘n planeet bestaan nie.