Klimaat: 70 lande is nie op koers nie

Sewentig lande is nie op koers vir 1,5-grade Celsius nie, gebaseer op 2030 nasionale beloftes oor die sny van uitlatings. So lui ‘n verslag deur die Assessing Sovereign Climate-related Opportunities and Risks-projek. Net 16 persent van die 70 lande waarna gekyk is, het ‘n deursigtige en geloofwaardige verbintenis om fossielbrandstofsubsidies uit te faseer. Die verslag toon ook dat 81 persent van die ryk lande nie hulle eweredige deel tot die internasionale klimaatbefondsingsdoelwit bydra nie. Die lande wat beoordeel is is verantwoordelik vir 85 persent van die globale kweekhuisgas-uitlatings.