Kliëntediens-handves teiken toegang tot onderwys

Onderwys in afgeleë landelike gebiede in Namibië trek aan die kortste end. Die onderwys-direktoraat in die Zambezi-streek hoop om toegang tot dienste te verbeter deur sy kliëntediens-handves. Die kantoor van die eerste minister het verlede jaar opdrag aan alle ministeries gegee om ‘n handves oor kliëntediens te implementeer. Met die bekendstelling van die handves namens die Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu, het ‘n raadslid van die Katima Mulilo stedelike kiesafdeling, Kennedy Simasiku, gesê hy hoop dit sal bydra tot verbeterde dienslewering in die streek. Die handves teiken vier algemene onderwys-doelwitte, naamlik toegang, billikheid, kwaliteit en demokrasie.