‘Kleuterskool’ diplomasie tussen N- en S-Korea

Suid-Korea het aangekondig dat hy luidsprekerpropaganda-veldtogte teen die Noorde sal hervat nadat Pyongyang weer rommel- gevulde ballonne oor die grens gestuur het. Betrekkinge tussen die twee Korea’s is op een van hul laagste punte in jare. Seoel het vandeesmaand ‘n militêre ooreenkoms van 2018 opgeskort wat daarop gemik is om spanning op die skiereiland te verminder nadat Pyongyang honderde ballonne oor die grens gestuur het. Seoel het die ballonlanserings as “lae klas” bestempel.