Kletsrymer Macklemore kanselleer Dubai-optrede oor Soedan-konflik
Die Amerikaanse kletsrymer Macklemore het sy optrede in Oktober in Dubai gekanselleer weens die Verenigde Arabiese Emirate se beweerde betrokkenheid by die konflik in Soedan. Sy besluit kom in reaksie op berigte oor die emiraat se steun vir die Rapid Support Forces in Soedan, wat verbind word met ‘n ernstige humanitêre krisis. Die emiraat ontken die aantygings. Die sanger het beroepe ontvang om die konsert te boikot in solidariteit met die mense van Soedan, waar meer as 18-duisend-800 mense dood en miljoene ontwortel is. Die organiseerders van die konsert het die kansellasie bevestig en bied terugbetalings aan.