Klerewinkel weet niks van toilet-uitdagings nie

‘n Mansklerewinkel in die hoofstad het ‘n plasing op sosiale media, wat na bewering wys hoe ‘n personeellid die winkel se vloer as toilet gebruik, ten sterkste veroordeel. Nie een van die drie takke in die drie groot inkoopsentrums in die hoofstad is enigsins bewus van die voorval nie. Hulle bevraagteken ook die foto en die ligging van die winkel in die sentrum. Die plasing maak geen melding van enige sentrum nie maar noem die winkel en sê die bestuurder het die personeellid toegang tot die toilet geweier. Na wat berig word, gebruik werknemers in inkoopsentrums die sentrum se geriewe.