Kleinveeboere is nie droogtebestand nie

‘n Studie het aan die lig gebring meer as 90 persent van kleinveeboere is nie droogtebestand nie. Die studie is deur die Nasionale Navorsingstigting in die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat gedoen. ‘n Medeprofessor, Yonas Bahta, sê slegs 9 persent van hierdie boere is bestand teen landboudroogte. Hy sê faktore insluitend ekonomiese, maatskaplike, menslike en natuurlike kapitaal moet in ag geneem word aangesien boere en die landbouvoedselbedryf veerkragtigheid moet ontwikkel om landboudroogte doeltreffend die hoof te bied.