Kleinskaalse vissers kan insette lewer oor seismiese opname
Kleinskaalse vissers en gemeenskapslede kan die volgende vier dae hul mening lug oor ‘n voorgestelde 3D-seismiese opname aan die Suidoos-kus van Suid-Afrika. Die multinasionale maatskappy vir geowetenskaplike tegnologie-dienste, CGG Services, het by die departement van minerale bronne en energie om omgewingsmagtiging aansoek gedoen om ‘n spekulatiewe 3D-seismiese opname te onderneem in die Algoa/Outeniqua-kom, tussen Gqeberha en Plettenbergbaai. Die omgewingsgroep, Green Connection, is van mening dat seismiese opnames regstreekse en onregstreekse fisiese skade aan individuele spesies en mariene ekostelsels aanrig.