Kleinseun onthoof glo ouma (100) met byl

Inwoners van Hamburg in Duitsland is geskok oor ‘n grusame moord ná ‘n 100-jarige ouma glo deur haar eie kleinseun met ‘n byl onthoof is. Die ouma, ‘n afgetrede plaaswerker, is dood in haar woonstel in die stad gevind ná die aanval deur haar 37-jarige kleinseun. Die polisie moet nog ‘n motief vir die grusame moord bepaal, maar volgens ‘n familielid was die kleinseun, ‘n chemiese werker as ‘die swart skaap van die familie beskou word. Die ouma en kleinseun het glo in die verlede oor geld vasgesit en hy was meestal werkloos.