Kleinsake in SA: 70% misluk

‘n Studie deur die Instituut vir Klein Besighede in die buurland toon net 30 persent van die klein ondernemings in Suid-Afrika is in staat om meer as ‘n jaar lank te oorleef. Daarby misluk 70 tot 80 persent van die nuwe besighede binne vyf jaar. Die mede-stigter en uitvoerende hoof van Rentoza, Chris Govender, sê talle ondernemings sukkel met verskeie realistiese uitdagings, wat insluit, beperkte toegang tot kapitaalbelegging, markte en maatskaplike kapitaal. Govender beklemtoon die gebrek aan voldoende kapitaal is die oorsaak van 38 persent van sake-mislukkings: