Kleinhandelverkope in SA daal steeds
‘n Senior Ekonoom by FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê kleinhandelverkope in Suid-Afrika het op ‘n jaargrondslag in Februarie met 0,8-persent gedaal. Alhoewel die uitslag ontmoedigend is, was dit steeds beter as die Reuters-konsensus van ‘n daling van 1,6-persent. Mkhwanazi sê op ‘n maand-tot-maand-grondslag, het verkoopsvolumes met 0,4-persent herstel, wat nie veel van ‘n duik maak aan die daling van 3,2-persent in Januarie nie.