Kleiner Statebondspele in Glasgow

Glasgow sal in 2026 ʼn afgeskaalde weergawe van die Statebondspele aanbied nadat hy die nodige befondsing van die Skotse regering ontvang het. Die Australiese staat, Victoria, sou oorspronklik die sportgeleentheid aanbied, maar het weens stygende koste as gasheer onttrek. Die Skotse minister van Gesondheid en Sport, Neil Gray, sê die 2026 Spele sal afgeskaal word met minder plekke waar sport-items plaasvind. Die aantal sportsoorte sal ook van 18 tot sowat tien verminder word: