Kleiner partye vaar goed in SA verkiesing
Kommentaar word steeds ontvang oor die Suid Afrikaanse verkiesing. Baie is van mening dat die ANC nie meer as 50% stemme gaan kry nie. Daar was ook verskeie partye wat hulle debuut gemaak het en verbasend goed gevaar het. Professor Andre Duvenhage, ‘n Suid Afrikaanse politieke ontleder het die stemproses haarfyn dopgehou. Duvenhage het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en ‘n oorsig gegee oor die sleutel getalle van die verkiesing wat Woensdag geëindig het.
Kleiner partye soos die MK-party het volgens Duvenhage stemme by die ANC en EFF afgerokkel. Duvenhage het meer oor die nuwe partye se prestasie.