Klein verligting in die olieprys

Lidlande van die Internasionale Energieagentskap het ingestem om 60 miljoen vate ru-olie vry te stel bo en behalwe ‘n vrystelling van 180 miljoen vate wat verlede week deur die Verenigde State aangekondig is, om te help om oliepryse in wat as ‘n stram mark beskryf word, te laat daal. Olie verhandel wel vanoggend effe hoër as met sluiting Woensdagaand waar die kommoditeit teen net onder 101 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel het. Vanoggend kos ‘n vat Brent net minder as 103 Amerikaanse dollar. Die prys neem weer toe omdat ontleders en handelaars sê selfs met die noodvrystelling van olievoorrade, bly die aanbod laer as die vraag. Intussen word daar ook berig dat staatsraffineerders in China, die wêreld se voorste olie-invoerder, bestaande Russiese oliekontrakte eerbiedig, maar vermy nuwes ten spyte van skerp afslag, gehoorsaam aan ‘n oproep om versigtigheid deur Beijing.