Klein stappies sal plastiek-besoedeling verminder

Dit is vandag Wêreld Omgewingsdag en vanjaar handel die tema oor oplossings vir plastiek-besoedeling. Met 300 metrieke ton plastiek wat jaarliks in die omgewing ingestoot word en 60 persent wat in stortingsterreine opeindig, is die probleem een van die grootste uitdagings ter wêreld. Namibiërs kan klein aanpassings maak om enkel-gebruik plastiek te verminder en ook, om verantwoordelik daarvan ontslae te raak, soos Romeo Muyunda, woordvoerder by die omgewingsministerie verduidelik.