Klein mosiehofrol, reuse-bedrae

Die mosiehofrol was eintlik klein met 96 aansoeke vir verstekvonnisse en 44 wat deur banke gebring is, maar die skuldlas is baie groot. Regters Herman Oosthuizen en Collins Parker het vanoggend se sessies hanteer. Daar was 21 eiendomslenings wat opgeëis met ‘n reuse 56,4 miljoen Namibiese dollar in uitstaande skuld. Daar was twee baie groot eise, een vir 22,7 miljoen dollar op die reël 108-rol en een vir 11,5 miljoen op die tweede mosierol waar sewe eiendomme opgeëis is. Die banke eis ook 5,2 miljoen dollar in 23 onbetaalde lenings. In Maandag se sessie hanteer regter Orben Sibeya 44 onverdedigde egskeidings.