Klein- en medium-ondernemings kry eie fonds

Een van die mosies wat vandag in die Nasionale Vergadering voorgelê is, was deur Maximaliant Katjimune van die Popular Democratic Movement. Die mosie het ten doel om knelpunte in die finansiering van klein- en medium-ondernemings in Namibië te ondersoek, in ‘n poging om beter toegang tot, en die ekonomiese potensiaal van hierdie deurslaggewende ekonomiese sektor te bewerkstellig. In reaksie hierop het die premier, Saara Kuugongelwa-Amadhila, gesê die kabinet het ingestem om ‘n werkskeppingsfonds te stig om KMO’s by te staan.