Klein dorpie begin VSA-stemmery gelykop tussen Trump en Harris

Kiesers in die Amerikaanse dorpie, Dixville Notch, het verkiesingsdag met ‘n gelykop-stemmery begin. Kamala Harris en Donald Trump het elkeen drie stemme gekry in die klein gemeenskap in New Hampshire, wat reeds dekades lank die verkiesingsdag inlui. Kieswette in New Hampshire laat munisipaliteite met minder as 100 inwoners toe om stemlokale om middernag te open. Dit kan sluit wanneer alle geregistreerde kiesers hul burgerlike plig nagekom het.