Klein besighede gebruik ‘net 1,3% van N$500 miljoen’
Daar is geld deur die regering beskikbaar gestel vir klein- en medium-besighede, maar bitter min daarvan is gebruik, volgens Martha Nangolo, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Die organisasie het ‘n voorlegging in die hoofstad aangebied oor die finansering van kleiner besighede in Namibië. Die navorsing toon nadat die regering gedurende 2020 ‘n skema van 500 miljoen Namibiese dollars geloods het vir klein besighede, was net 1,3 persent van die fondse gebruik. Dit is volgens ‘n verslag wat vroeër vanjaar vrygestel is.